Vrydag, 31 Julie 2015

MELKKOS

Wat is trooskos? 
Wel, trooskos is vir my siel soos soene op ‘n seer wond! 
As ek koud kry of na geliefdes verlang, dan gryp ek my ou Aga pot en kook melkkos. 
Wat is jou trooskos en hoekom?

RESEP
2 liter melk
170 g koekmeel
5 ml sout
20 g botter
kaneelsuiker

METODE
1. Smeer die boom van jou beste melktert kastrol met botter om aanbrand te voorkom.

2. Sif die droë bestanddele saam en vryf die botter in die koekmeel in totdat jy GEEN korreltjies botter voel, dit moet soos broodkrummels lyk.

3. Voeg nou die meel mengsel by die kokende melk, ja dit klink baie snaaks maar doen net soos ek sê. :)
Klop die mengsel met 'n houtlepel en sit die deksel op en laat prut vir 8 - 10 minute totdat die stysel verdik het.

4. Sit warm voor met kaneelsuiker.

PS: Om dit soos vla te laat lyk en proe, voeg 1 el vla by die droë bestanddele tydens die sif proses om goed te meng.

HOEVEELHEID: 4 - 6 porsies.

BRON: Erina Bezuidenhout.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking