Vrydag, 17 Julie 2015

GROWWE DIJON MOSTERD

My ma kon die heerlikste mosterd maak, soet mosterd, sout mosterd, alle soorte variasies van mosterd. 
My assosiasie met mosterd is wielneuse vleis, varkie, taai gebak in die oond. 
Hoe gebruik jy mosterd?

ONTHOU 

Moenie swart mosterd saad gebruik nie, dit het 'n bitter smaak en moet altyd in disse in moderasie gebruik word.

RESEP
125 ml bruin mosterd saad
125 ml geel mosterd saad
1 kop droë wit wyn
1 kop wit asyn
1 tl sout - rock salt
1 el ligte bruinsuiker

METODE
1. Laat week die sade vir 2 dae in die asyn en wyn.

2. Toets of die sade sag is deur daarop te byt en die sagtheid te bepaal.

3. Indien sag genoeg verpulp die res van die bestanddele saam met die mosterd mengsel tot die grofheid van jou keuse.

4. Die suiker kan uitgelaat word vir diabete.

HOEVEELHEID: ongeveer 500 ml.

BRON: Hantie Bezuidenhout.


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking