Maandag, 01 Junie 2015

TUISGEMAAKTE VLA IN DIE MIKROGOLF



Jy kan vla maak net so lekker soos Ultramel boksie vla met die vinnige paar stappe.
Kan tot 8 weke in lugdigte houer bêre.

LES
1. As jy hou van die smaak van Ultramel vla, moet jy aandag gee aan die tipe melk wat jy gebruik.
Gebruik langlewe melk, die melk het 'n UHT (Ultra Hoë Temperatuurskok) proses deur gaan wat die melksuikers karameliseer en jy die kenmerkende soet smaak kry by "boksie melk" en ook Ultramel vla.
Anders kan jy van roumelk tot gepasteuriseerd tot lae vet tot vetvry gebruik.

2. As jy nie hou van 'n donker geel vla nie kan jy 1 eetlepel vla, vervang met 1 teelepel mielieblom (maizena) en 1 teelepel hoogvol vlapoeier.
Die vla se kleur sal sagte geel word.

3. Jy kan om die Ultramel smaak te kry kondensmelk byvoeg in plaas van suiker as versoeter.

4. Die geheim van vla kook in die mikrogolf oond is die elke minuut stop en roer totdat dit verdik en eenmaal opgekook het.
As jy nie elke minuut roer nie dan kry jy klonte.
Jy sal sien dat ek altyd my whisk (ballon klitser) gebruik as die souse geneig is om klonte te maak, kan nie sonder hom werk nie.

5. My verhouding vir vla maak werk soos volg - 1 el hoogvol vlapoeier tot 1 kop melk tot
2 el suiker.
Dus kan die resep met gemak vermeerder word.

RESEP
4 el vlapoeier - hoogvol skeppies
4 kop melk
8 el suiker of kondensmelk na smaak
1 tl vanielje geursel of karamel geursel vir Ultramel
1 el botter

METODE
1. Meng al die bestanddele saam in hitte bestandde bak, geskik vir mikrogolf.

2. Met 'n ballonklitser, meng die melk goed sodat die vla nie klonterig is.

3. Mikrogolf die mengsel vir 1 minuut, stop, roer, en gaan so aan tot dat die mengsel begin verdik.
Sodra die mengsel verdik laat kook dit totdat dit lyk dit wil oorkook, dan is dit reg.
Proe aan die mengsel om te proe of die stysel gaar is.

4. Voeg vanielje geursel by en klop die botter in totdat dit gesmelt is.

PORSIE: 1 liter.

BRON: Annelien Pienaar, 1999.


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking