Maandag, 08 Junie 2015

KLAM SJOKOLADE MUFFINS / KOLWYNTJIES

Hierdie “death by Chocolate” dekadensie is verby lekker.
Die binnekant is klam en sag, terwyl die buitekant effens krakerig is.
My sus het hierdie sjokolade kolwyntjies altyd vir my tuisnywerheid gebak.
Sy het maar net ‘n hand vir hierdie tipe werk.
Graag deel ons 2 susters met julle hierdie resep!

RESEP
310 g koekmeel
100 g kakao
15 ml bakpoeier
2.5 ml koeksoda
2 ml sout
250 g wit suiker
100 g botter - gesmelt
350 ml karringmelk of gewone yoghurt
3 eiers
150 g donker sjokolade - baie grof gekap - opsioneel


METODE
1. Sif koekmeel, suiker, kakao, bakpoeier, koeksoda en sout saam.

2. Meng die botter, karringmelk en eiers deeglik saam.

3. Meng die gesifte koekmeel mengsel met die karringmelk en meng versigtig.
Nie ‘n woeste geroer nie, net totdat al die bestanddele gemeng is.

4. Vou die helfte van die sjokolade in die beslag in en skep in vooraf bereide muffin panne wat met koekie papiere uitgevoer is.
Sprinkel die res van die sjokolade oor.

5. Bak by 200 ˚ C vir 20 - 25 minute of totdat die toets stokkie skoon uitkom.

PORSIES: 12.

BRON: Maryke Botha.

3 opmerkings:

  1. ek het die resep presies gevolg en die mengsel is droog

    AntwoordVee uit
  2. Kan ek dalk die resep kry vir die versiersel? Dit lyk baie lekker

    AntwoordVee uit
  3. Kan ek dalk die resep kry vir die versiersel? Dit kyk heerlik.
    Ek moet die week ook n twee laag vanilla koek bak en versier. Ek is opsoek na n betroubare resep daarvoor. Kan jy dalk help?

    Baie dankie. ..wilma

    AntwoordVee uit