Dinsdag, 05 Mei 2015

WITSOUS BÊRE MENGSEL

Hierdie sousie is my noodhulp sous na 'n lang dag in die kook ateljee en weg in die middae met die kinders na aktiwiteite, 'n mens is nie nog lus om 7 uur in die aand lang disse te kook nie.
Daarom het ek hierdie staatmaker in my kas.


RESEP
500 g melkpoeier
300 g koekmeel
500 g rama of stork bake of egte botter
¼ kop variasie sout - sien bespreking - hierdie is opsioneel.

METODE
 1. Sif alle droë bestanddele 3 keer saam om seker te maak alle dele is eweredig versprei.

2. Vryf gerasperde botter met vingerpunte in by meelmengsel totdat dit soos fyn broodkrummels lyk.
Of kroek soos ek en plaas in voedsel verwerker, hou maar dop dat dit nie oormeng word nie.

3. Kan gevries word tot 'n jaar en vir 6 maande in yskas in lugdigte houer.

GEBRUIKSAANWYSINGS
1. Plaas koue water en witsous mengsel in kastrol en klits oor matige hitte met ballonklitser totdat sous verdik het.
Voeg geurmiddels en kaas by.


DUN WITSOUS
250 ml koue water op 100 ml mengsel.

MATIGE WITSOUS
200 ml koue water op 150 ml mengsel.

DIK WITSOUS
150 ml koue water op 200 ml mengsel.


VARIASIE
1. Koop by jou plaaslike bakkerswinkel kaas sout, bacon sout, soet rissie sout, biltong sout, chutney sout, kaas en uie sout, daardie soort wat oor springmielies gegooi word.
Ek voeg 'n ¼ koppie by die resep om my eie gegeurde souse te maak.
Ek maak gewoonlik so 5 geure en 1 gewoon vir my pasta’s.

BRON: Annelien Pienaar.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking