Vrydag, 08 Mei 2015

Warm Sjokolade drankie / Hot chocolate!

Warm sjokolade met tuisgemakte malva lekkers!
Hierdie reseppie kom nog van my Ma af. Toe ons almal uit die huis gegaan en gaan studeer het, het sy ons bederf met ‘n flessie van haar eie warm sjokolade, die lekkerste ooit. Met regte sjokolade splinters in hoe kan mens nie verslaaf raak aan hierdie konkoksie nie? Dan het sy nog ‘n stappie verder gegaan en tuisgemaakte malva lekkers bygesit. Sy het soms al die bestanddele in lagies vir ons in ‘n glas flessie gesit of soms klaar aangemaak met ‘n mooi doilie en ‘n “vry briefie” by. Ek mis my Ma ongelooflik en die soet van die sjokolade is altyd ‘n effense pleister op ‘n seer gemoed as ek verlang! Mag hierdie reseppie vir die een wat dit gebruik ook soete herinneringe gee. Geniet!

LES
1. Jy kan al die bestanddele in lagies in ‘n deursigtige glas flessie pak en laaste die malva lekkers.

2. Ek is lief om die kakao te deel in helfte donker kakao en helfte gewone kakao, dit is maar net vir mooi as ek die botteltjies in lagies pak.

3. Ek wissel die warm sjokolade af deur die bestanddele te varieer. Soms gebruik ek karamel sjokolade saam met 2 pakkie kits poeding op ‘n mengsel. Of wit drink sjokolade deur die kakao uit te haal en dan 2 pakkies vanilla kits poeding in te sit.

4. As ek die alles in 1 klaar gemengde bottel opmaak doen ek 2 goed, 1ste kan jy so 2 koppies malva lekkers in die poeier in meng en dan in die bottels skep of 2de kan jy die malva lekkers sommer so bo op in die flessie sit of as los pakkie aan die botteltjie heg.

5. Hierdie is my beste geskenk saam met my biscotti wat ek vir die mense gee. Ek daag nooit met leë hande by mense op nie!

6. Die mengsel kan vir 3 maande buite gestoor word, of vir 6 maande in die yskas of vir 12 maande in die vrieskas.

Geskenk pakkie
RESEP
6 k Melkpoeier - afgeroom of vetvry is ook geskik - die kleur van die drankie gaan net donkerder word.
4 k Strooisuiker
3 k Kakao
3 k Sjokolade splinters - gewone sjokolade is lekkerder veral as jy Belgiese sjokolade gegruik
½ t sout

METODE
1. Kap die sjokolade in ‘n voedsel verwerker baie fyn.

2. Voeg die res van die bestanddele by die sjokolade in die voedselverwerker en meng goed. Die mengsel moet goed gemeng wees voordat jy dit in die botteltjie skep.

3. As die lagies gepak word druk maar alles mooi vas sodat dit nie kan skuif nie, sien die foto van hoe ek die lagies uitgewerk het sodat dat die bestanddele nie meng nie.

GEBRUIKSAANWYSINGS
1. 3 t mengsel in 1 koppie kookwater opgelos. Voeg suiker na smaak by.

English Version

Klaar gemaakte mengsel
Hot Chocolate surprise
6 cups Milkpowder - you can also use low fat or fat free - the colour of the drink will just be darker 4 cups Castor sugar
3 cups Cacao
3 cups Chocolate chips - plain chocolate is nicer if you use Belgain chocolate
½ tsp Salt

Method:
1. Chop the chocolate in a food processor.
2. Add the rest of the ingredients to the chocolate in the food processor and mix well. The mixture must be well mixed before you spoon it into bottles.
3. When you pack the layers make sure to press it so that it doesn't move and mix.

Directions for use:
1.    Dissolve 3 tsp mixture in 1 cup boiling water.
2.    Add sugar to taste. MAKES: ± 2 litre mixture.

Source: Annelien Bezuidenhout Pienaar, 2015, Cooking classes: boerekostwist@gmail.com

Amount: 5 liters



































Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking