Maandag, 18 Mei 2015

VISBALLETJIES MET AÏOLI SOUS

Dit klink nou na ‘n vreeslike imponerende gereg, maar raai wat?
Dit is visballetjies bedien met ‘n spesiale mayonnaise.
Om die Aïoli te maak is regtig baie maklik, dit is geurig en ryk en bring die smaak van die 
vis uit.
Die balletjies kan in oormaat gemaak word en dan bevries word. 
Laat by kamertemperatuur ontdooi en bak soos gewoonlik. 
Ek het altyd in voorraad.

RESEP
700 g aartappels - geskil en in blokkies gesny
700 g haddock of stokvis of tuna
1 eiergeel - liggies geklits
2 knoffeltoontjies
2 e pietersielie - vars gekap
2 e vars dill tippies - gekap
½ tl neutmuskaat
sout en peper na smaak
suurlemoen wiggies

METODE
1. Kook die aartappel blokkies in liggies gesoute water tot gaar.Dreineer die water.

2. Terwyl die aartappels afkoel, posjeer die vis in melk vir 5 - 8 minute tot gaar, die vis moet ferm
en wit wees.Haal uit die melk en vlok met ‘n vurk.


3. Maak die aartappel fyn en voeg die eier en knoffel by terwyl jy dit doen.

4. Roer dan die kruie en sout by.Meng die growwe stukkies vis by.

5. Sit koekmeel aan jou hande om die balletjies te vorm, dit voorkom dat die balletjies vas sit aan
jou hande en gee ook ‘n mooi bruik krakerige tekstuur aan die balletjies as dit diepvet gebraai word.

6. Verhit olie in diep kastrol tot 180 ˚ C of totdat ‘n broodblokkie wat in gegooi word in die warm olie binne 30 sekondes verbruin.
Diepvet braai die balletjies in hopies van 5 op ‘n slag.

7. Onthou as jy te veel balletjies in die olie sit, die olie se temperatuur drasties gaan val en die balletjies dan olierig gaan wees...

8. Plaas op dreinerings papier en sit dadelik in voorverhitte oond om die krakerige tekstuur te behou.

AÏOLI SOUS
1 ekstragroot eiergeel - by kamer temperatuur
2 knoffel toontjies - fyn gemaak
5 e ekstra virgin olyfolie
5 e sonneblom olie
2 e suurlemoensap of witasyn

METODE
1. Klop die eiergele tot lig en donsig.

2. Klop dan die knoffel en sout by...proe aan die sout en peper

3. Klop nou die olie een eetlepel suur en een eetlepel olie op ‘n keer by...klits baie lank en deeglik vir die olie om in suspensie te bly (die olie moenie weer kan skei nie).

4. Bedek en hou eenkant.

VARIASIE
1. Druk die balletjies plat om 'n viskoekie te maak.

PORSIES: 4 persone.

BRON: Annelien Pienaar, Food and Clothing technology, 1999.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking