Woensdag, 27 Mei 2015

SPEEL KLEI VIR DIE JONGSPAN


LES
Die kremetart preserveer die klei vir ongeveer 6 maande as dit lugdig gehou word.
Die kookolie of aroma olie keer dat die sout nie kleingoed se handjies en velletjies uitdroog nie.


WENK
Ek rol die deeg uit en stempel in die deeg teksture en druk dan vormpies uit, ek maak gaatjies met ‘n strootjie vir ‘n plekkie om ‘n toutjie deur te sit.
Dit word dan saam met my geskenk pakkies as versiering gesit.
Wie het gesê klei is nie vir grootmense nie?





RESEP
280 g  koekmeel - ek verkies Snowflake, gee fyner tekstuur
500 ml water
140 g tafelsout
15 ml  kremetart
15 ml kookolie
4 ml voedsel kleuresel
2 ml aromaterapie olie - opsioneel

METODE
1. Hou vloeistowwe eenkant.
Meng al die droë bestanddele saam.

2. In ‘n swaarboom kastrol verhit water en olie tot kookpunt en voeg die meelmengsel by.
Roer vinnig en aanhoudend totdat die deeg ‘n bol vorm en los kom van die kante.

3. Laat afkoel en knie goed vir 5 minute tot glad en sag.
Nou kan jy die reuk olie en kleursel byvoeg.
Stoor in lugdigte houers.

LEWER: 500 g klei.

BRON: Hantie Bezuidenhout saamgestel (alle eer aan my Moeder).

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking