Woensdag, 20 Mei 2015

SOETSUUR VARK EN PASTA GEREG


Hierdie wonderlike en vinnige dis kan met enige vleis gemaak word.
Die gereg het sy oorsprong van die Lo mein disse.
Ek gebuik graag gesonde olies soos klapper, druiwepit of olyfolie.
Die groente wat gebruik word is vars groente en heilsaam en gesond vir die hele gesin.

LES
Wanneer vleis in 'n pan gebraai word, maak eers die pan warm en voeg laaste die olie by.
Die kanse dat die olie kan oorverhit is baie goed en dit is ook nie gesond omdat die rook wat jy sien, akroloien is, wat karsinogenes (kankervormende) dele bevat.



RESEP
500 g vark repies vleis - geen vet OF hoender OF volstruis
500 g spaghetti
2 el kookolie OF klapperolie OF druiwepitolie
1 el knoffel - fyn gekap
1 tl vars gemmer - fyn gerasper
2 wortels - in julienne repies
500 g sampioene - skyfies gesny - vee net af, moenie in water spoel nie ander trek dit water
2 soetrissies - baie dun gesny, -verskillende kleure lyk mooi
1 tl sout
400 g boontjiespruite
4el sprietuie - fyn gekap

MARINADE
2 el soya sous - anders sal woestersous ook reg wees
1 el olie van jou keuse
2 el heuning
2 el bruinsuiker
2 el suurlemoensap
sout en peper na smaak

METODE
1. Meng al die bestanddele van die marinade saam en marineer die vleis daarin vir 1 uur.

2. Kook die pasta tot al dente, sag maar ferm as jy dit byt, in ligte gesoute water met bietjie olie by.

3. Indien jy ‘n wok het, haal hom uit en laat waai!

4. Maak die pan eers goed warm.
Sit dan eers 2 el olie by en braai die vark tot gaar.
Haal van die hitte af.
Was pan.

5. Verhit die wok weer en voeg 2 el olie by.
Braai die knoffel en gemmer totdat die geure ontwikkel.
Voeg die wortel by en braai vir 2 minute.
Dan volg die sampioene vir 2 minute en dan die soetrissie.

6. Meng dan die vleis by die groente in en laaste die pasta.

7. Verwyder van die hitte en roer die boontjiespruite en sprietuie by,
Bedien warm

PORSIES: 4 - 6 mense.

BRON: Annelien Pienaar - Bos en Berg gasteplaas.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking