Maandag, 04 Mei 2015

DEKADENTE SJOKOLADE MOCCA KOEK


Sjokoladade Mocca Koek..
LES
1. Ek hou van 'n donker sjokolade koek, sterk smaak, dus kan jy by die naaste bakwinkel ekstra donker kakao koop en ook bittersjokolade byvoeg.
As jy van matigheid hou, gebruik die resep soos hy tans geskryf is.

2. Omdat die koek baie ryk en klam is, word dit by 'n laer as normale temperatuur vir langer gebak en lank laat staan voordat dit versier word.

3. Ek glo dat 'n koek, veral 'n sjokolade, piesang en wortelkoek moet ten minste 24 uur oud wees voordat dit bedien word om sy volle geur te ontwikkel.

4. Hierdie koek moet met regte botter gemaak word.

5. DUBBELKOKER
Wanneer iets soos eiervla wat maklik kan skif, deur indirekte hitte gaar gemaak word. Jy plaas water in 'n kastrol sodat dit nie die bodem van die bak waarin die eier gaargemaak gaan word raak nie.
Net die stoom moet die wande van die glasbak verwarm.
Dus is dit 2 kastrolle bo op mekaar waarvan die boonste een nie direk aan die water raak nie.

Pragtige gedefinieerde lagies
RESEP
200 g botter
180 ml goue stroop
100 g donker sjokolade - opgekap
4 el kakao poeier
1 kop witsuiker
200 ml karringmelk
3 eiers
2 kop koekmeel - gesif
1½ tl koeksoda
2 ml sout

METODE
 1. Voorverhit die oond tot 160 ˚ C.

2. Spuit 2 x 20 cm sirkelpanne met kleefwerende kossproei.

3. Plaas die botter, stroop, sjokolade, kakaopoeier, suiker en die helfte van die karringmelk in 'n kastrol en laat die bestaddele oor matige hitte smelt, MOENIE dit kook nie!!!!!

4. Klits eiers en karringmelk wat oor is saam.

5. Sif koekmeel en koeksoda in 'n bak en roer die eier-karringmelkmengsel stadig by en voeg dan die warm kakao mengsel by terwyl dit die heeltyd geroer word.

6. Skep beslag in die voorbereide koekpanne.

7. Bak vir 35 - 40 minute op die middelste rakkie van die oond, toets die koek of dit gaar is.

7. Druk 'n toetspen in die middel in, as dit skoon uitkom is die koek gaar.

 8. Laat die koek baie goed afkoel.
Die koek is baie klam, sny dit in die helfte om 'n 4 laag koek te kry.

VULSEL
 ½ kop sterk swart koffie
 2 ekstra groot eiergele
 4 el witsuiker
 100 g donkersjokolade
 250 g Mascarpone kaas of Roomkaas
 2 el brandewyn
 kakao poeier vir ekstra versiering

METODE
 1. Sprinkel die koffie oor die 4 lae van die afgekoelde koek, draai die lae om en sprinkel weer.

2. Klits eiergele en suiker oor dubbelkoker totdat dit lig en dik is.

3. Verwyder van hitte en klits die sjokolade, mascarpone en brandewyn in die mengsel in.
Klits totdat die mengsel styf is.

4. Plaas een van die koeklae terug in die losboom 20 cm koekpan en bou die lae.
Laat 5 ure in yskas set.

5. Maak kante van koekpan met warm lap nat sodat die koek maklik kan uitglip.

6. Versier met kakao poeier.


BRON: Craft Cafe, Namibie, 2014. Kerk 4x4.

OORGESKRYF EN AANGEPAS DEUR: Annelien Pienaar.

Foto's met vergunning van Savour the Best.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking