Saterdag, 16 Mei 2015

SJOKOLADE SOUS

Hierdie wonderlike sous het soveel gebruike maar die beste van alles is dit hou vir maande in die yskas! Ek gebruik dit om my eie melkskommels te maak, as sjokolade sous oor nageregte, saam met my warm sjokolade drankie in plaas van suiker, meng dit met neute om jou cassata nog ryker te maak, man selfs saam met ‘n stukkie wildsboudjie en port sous!


RESEP
200 ml witsuiker
200 ml kakao poeier
200 ml water
200 ml botter - dit MOET ongelukkig botter wees
200 ml goue stroop of kondensmelk
200 ml room - kom laaste by
5 ml vanielje geursel - opsioneel of enige sjerrie of room likeur

METODE
1. Mikrogolf al die bestanddele behalwe die room vir 7 minute in ‘n groot oop glasbak by 100% krag.

2. Stop elke minuut en roer met draadklitser goed deur.

3. Laat die mengsel afkoel tot kamer temperatuur en roer die room by, die sous gaan ‘n pragtige glans kry.

VARIASIE
1. Meng 200 g van enige soort sjokoldae by - Belgies - Cadbury - Bak sjokolade..

2. Meng 200 g Tennis beskuitjies, 100 g neute, 100 g rice krispies, 500 g versiersuiker en 100 g marshmallows by. Druk in pan en laat set. Sny in blokkies.

BRON: Hantie Bezuidenhout, 1979.

1 opmerking:

  1. Liewe Annelien Ek het jou gister ontdek en heeldag jou resepte en stories gelees.Jy het sulke mooi herinneringe aan jou ma en jou grootworddae! Ek was tog te bly toe my man gisteraand 'n groot roomyslus kry en het dadelik aangebied om sjokoladesous te maak! Dit is 'n wenner! Dankie dat jy jou so vrygewig is met jou kennis en resepte!

    AntwoordVee uit