Woensdag, 13 Mei 2015

ROMERIGE AARTAPPEL EN PREI SOP

Hierdie heerlike sop kan met oorskiet kapok aartappels gemaak word.
Dit neem letterlik  minute as jy hierdie sop met die klaar gemaakte kappok aartappels maak.
Ek geniet dit om Panini te maak saam met hierdie ryk sop, die gaatjies in die panini se tekstuur slurp die sop op en ag, dit is net heerlik!


RESEP
1 medium ui - grof gekap
1 knoffel toontjie - fyn gedruk
15 ml olyfolie
2 seldery stokkies
3 preie (leeks)
5 medium aartappels - geskil
1 knippie neut muskaat
15 ml gedroogde origanum
2 liter water
1 blokkie groente aftreksel
sout en peper na smaak

METODE
1. Soteer ui en knoffel in olyfolie tot deurskynend.

2. Voeg die res van die bestanddele behalwe die water by en braai vir nog 'n minuut.

3. Voeg water by en prut vir 30 minute of totdat die aartappel sag is.

4. Verpulp die sop en voeg 250 ml room by.

5. Bedien warm of koud.

VARIASIE
1. Ek sit Bloukaas of Brie in my sop vir ekstra smaak, so ¼ wiggie is genoeg, te veel en die sop smaak seperig.

2. Fyn gekapte spek kan in die plek van crutons gebruik word.

3. Garneer met fyngekapte spriet uie en skyfies parmasaan kaas.

4. Suikermielies ingevou is ook heerlik.

5. Bedien met panini!!!

BRON: Annelien Pienaar.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking