Vrydag, 15 Mei 2015

PEKANNEUT KOFFIE KOEK


Hierdie Pekanneut tert resep kom al vir jare saam met my familie.
Ek kon net nie anders as om hierdie kosbare stukkie koerant uitknipsel met julle te deel nie.
Lees ook die klein artikeltjie wat saam met die resep gaan.
Ek vermoed die resep kom van my moeder se vriendin van Amerika en die ander resepte se datums wys 1986.
Ons plaas is 'n Pekan produserende eenheid en jaarliks is hierdie koek 'n instelling vir my om te bak met die eerste pluksel neute.
Graag deel ek met julle hierdie juweel!
Ek versier die koek met die gewone roomkaas versiersel wat vir wortelkoek gebruik word, soms is ek lui en sprinkel net versiersuiker oor en bedien met 'n skeutjie room.
Die koek is heerlik klam.
Voeg 'n ½ tl kaneel ook by die koekbeslag, dit komplimenteer pekans ongelooflik!
BRON: Bertha Walker.



Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking