Woensdag, 06 Mei 2015

CAPPUCCINO KOEK

Ek het hierdie heerlike koek by my vriendin Chrisni Coetzer van Koster die eerste keer geproe. 
Die foto wat ek opgesit het is die oorspronklike koek soos sy dit vir my die dag met my kuiertjie by haar op die plaas bedien het.  
Sy het behoorlik uitgehang omdat sy weet ek hou van mooi tee koppies het sy my behoorlik getrakteer.
Graag deel ek die oorspronklike resep met julle.
Eie in my aard het ek natuurlik weer verder getoets aan die resep en bietjie kinkels bygesit. 
Dus is hier 2 resepte om van te kies, beide het die kenmerkende koffie smaak. 
Ek weet daar is mense wat nie van die koffie smaak hou nie, vervang dan net die koffie met 5 ml rum of brandewyn geursel. 
Daar is ook mense wat allergies is vir alkhol en die geursels is perfekte plaas vervangers. 
Die kinkel word met ‘n k agter die bestanddeel aangedui.
Chrisni se Cuppachino koek

















KOEK
3 groot of 5 klein eiers
5 ml vanielje geursel
170 ml strooisuiker
155 ml bruismeel - k / 170 ml koekmeel, 5 ml bakpoeier en
½ tl koeksoda
15 ml kitskoffie korrels - k / 5 ml rum of brandewyn geursel
50 ml kookwater
30 ml kakao
30 ml maizena (mielieblom)

METODE
1. Voorverhit oond tot 180 ˚ C

2. Smeer 'n 20 cm ronde koekpan goed.

3. Klits eier en vanielje geursel tot lig en donsig.
Voeg die suiker eetlepel vir eetlepel by, klits weer deeglik na elke byvoeging tot weer romerig.
Hou so aan totdat al die suiker ingewerk is.

4. Los die koffie korrels in 50 ml kookwater op.

5. Sif al die droë bestanddele saam.

6. Vou die droë bestanddele in by die eiermengsel.

7. Gooi beslag in die voorbereide koekpan en bak vir 35 minute.

8. Laat heeltemal afkoel voordat dit versier word.

9. Sny koek in 3 - 4 lae en doen die kinkel soos aangedui by die bolaag!

BOLAAG
375 ml room
15 ml versiersuiker
30 ml Kahlua of koue sterk koffie
ekstra kakao poeier

*KINKEL
Maak 200 ml koffie aan soos jy dit sou drink, sonder melk en suiker.
Ek sprinkel dit dan die vorige dag op die koek lae aan beide kante.
En volg dan die metode soos gewoon

*KINKEL
Vou ook pekans en karamel in die helfte van die room in wat die Kahlua in kry, hier kan
jy kreatief raak, ek het selfs fudge en nougat op ‘n keer in gevou.

METODE
1. Klits room styf en vou die versiersuiker in.

2. Verdeel die room in 2 bakkies.

3. Voud die kalua in by die een bakkie room en doen dan die kinkels as jy wil.

4. Smeer die Kahlua room oor die lae van die koek.

5. Die oorblywernde room word op die boonste laag van die koek gesmeer en met kakao, neute ens. afgerond.

OORSPRONKLIKE RESEP: Chrisni Coetzer.

VERWERK DEUR: Annelien Pienaar.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking