Sondag, 10 Mei 2015

CASSATA MET 'N TWIST

Ek het jare gelede by ‘n vriendin, Magteld Arnold se verjaardag die idee gekry om te kroek vir 'n asemrowende nagereg.
Dit neem net 10 minute om te maak en jy vergeet daarvan totdat jy dit môre nodig kry.
Bessie Cassata.

LES
1. Koop 2 liter vanielje roomys en laat dit vir so 10 minute by kamertemperatuur staan.
Neem 'n broodpannetjie en voer dit met kleefplastiek uit, dit moet oor die kante van die pannetjie gaan sodat dit later oor die roomys gevou kan word en dit help ook met die uitlig van die roomys na die tyd.
Hou dan die pannetjie in die vrieskas totdat dit tyd is om dit te vul met die roomys.

2. Sodra die kante van die roomys begin sag word, sny dit met 'n mes in skywe.

Sjokolade, neute en fudge cassata!
3. Plaas die roomys in 'n mengbak en klits dit met 'n elektriese klitser sodat dit begin sag word, amper soos margarien met 'n smeerbare konsistensie.

4. Nou begin die lekkerrrrrr gedeelte,  jy kan nou jou keuse van neute, kersies, vrugte, nougat, fudge of sjokolade splinters bysit, hoe meer jy by gooi hoe lekkerder...

5. Smeer die roomys so 4 cm dik op die boom van die pan.
Skep klonte gekookte kondensmelk hier en daar en smeer weer roomys, hou so aan tot al die roomys klaar is.

6. Sit onmiddellik terug in vrieskas en laat oornag styf word.

7. Net voor opdiening versier jy dit met bessies en eetbare blommetjies van jou keuse.
Jy kan ook sjokolade dip sous of karamel sous opsit.

8. Julle sal op die foto sien dat die kante van die roomys nog die kleefplastiek se vou merke het, dit lyk vir my mooi.

Ek het al honderde variasies van hierdie resep gedoen, eksprimenteer, dit het nog nooit geflop nie, werk net baie vinnig sodra die roomys smeerbaar is.

BRON: Annelien Pienaar, 2009.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking