Saterdag, 02 Mei 2015

BEGK'S SMOKED FOODS


Die heerlikste gerookte worsies en kaas wat ek nog geproe het!
Stalletjie nommer 3 by die onlangse Kaasfees te Sandringham, Stellenbosch is BEGK’s Smoked Foods.
Hierdie man is van Hongarye.
Ek het eers gedink die man se stalletjie is maar kaal, niks wat die oog vang nie maar gou was ek verras!
Die reuk, manne ek sê vir julle, ek rook self vleis maar die man hy ken van!
As ek die aroma moet verduidelik, dit is soos om in ‘n gebou in te stap en dan ruik jy iemand met die heerlikste parfuum, jou oë soek die persoon wat dit dra en al jou sintue is aan die dans, wel my mond het begin water nog voordat ek kon sien waar die reuk vandaan kom.

Dit was nogal ‘n moeilike gesprek om te volg, hy praat met ‘n ongelooflike moeilike aksent engels.
Hy kom nors voor maar sodra hy sien jy weet watter werk en liefde in die produksie ingaan begin hy lekker babbel.
Hy het by sy pa geleer om vleis te “cold smoke”, en rook sy vleis met perske hout.
Hy ry van plaas tot plaas waar hy die hout opkoop vir sy beroking.
Hy het nou so groot geraak met sy besigheid dat hy nou al in die industriele gebied van Stellenbosch ‘n fabriek het waar Char cuterie vleise berei.
Hierdie man reis agter elke fees reg oor die land aan om sy heerlike vleise en gerookte kase te verkoop.
Hy maak die ongelooflikste gerookte droeë wors.

Julle kan hom volg op FB op Begk’s Smoked Foods om te sien waar hy volgende gaan wees, al sy kontak details is ook op FB.




Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking