Maandag, 18 Mei 2015

AÏOLI SOUS

Hierdie heerlike sous word soos mayonnaise gemaak.


RESEP
1 ekstra groot eiergeel - by kamer temperatuur
2 knoffel toontjies - fyn gemaak
5 el ekstra virgin olyfolie
5 el sonneblom olie
2 el suurlemoensap of witasyn

METODE
1. Klits die eiergele tot lig en donsig.

2. Klits dan die knoffel en sout by, proe aan die sout en peper.

3. Klits nou die olie een eetlepel suur en een eetlepel olie op ‘n keer by, klits baie lank en deeglik vir die olie om in suspensie te bly (die olie moenie weer kan skei nie).

4. Bedek en hou eenkant.

VARIASIE
1. Voeg by die klaar voorbereide sous 1 el Dijon mosterd, glad of heel korrels, 1 el witsuiker en gerasperde peper wortel.

2. Bedien as doopsous, mayonnaise vir ander geregte soos aartappel slaai, gebakte geregte soos vis, en gebraaide groente..

PORSIES: 4 persone.

BRON: Annelien Pienaar, Food and Clothing technology, 1999.


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking