Maandag, 11 Mei 2015

AARTAPPEL PAKKIES


Dit gebeur gereeld dat mens oorskiet kapok aartappels na ‘n aandete het.
Deesdae vind ek myself aspris meer kapok aartappels maak as wat nodig is, ’n verskoning om môre oggend te eksperimenteer!
Ek weet vir die diabete kan julle met New Baby aartappels julle eie kapok aartappels maak, juis omdat die GI van hierdie aartappels laag is en ook verder verlaag as dit dan afgekoel word.
Dus maak ek vir my diabete die kapok aartappel klaar met bietjie laevet margarien, sout en peper na smaak, dan doen ek die aartappel pakkies.


RESEP
2  eiers
⅓ kop suur room of karringmelk of gewone yoghurt
1 kop gerasperde cheddar kaas -opsioneel -
50 ml parmesaan kaas vir diabete
100 ml parmesaan kaas of enige skerp kaas soos Brie of Cammenbert - kan uitgelaat word, dit is net vir smaak
3 kop kapok aartappels - reeds fyn gemaak
¼ kop spriet uie
¼ kop spek - opsioneel vir diabete
sout en peper na smaak

METODE
1. Voorverhit die oond na 180 ˚ C.

2. Smeer kolwyntjie pannetjies, ek het vierkantige cupcake wrappers gebruik vir die doel.

3. Klop die eiers en suurroom saam.

4. Meng die eiermengsel met kaas en spriet uie.

5. Proe die fyn aartappel vir sout en pas dit aan voordat dit by die mengsel gevoeg word.

6. Meng al die bestanddele saam en skep in voorbereide pannetjies.

7. Bak 25 - 35 minute totdat dit weg trek van die kante van die pannetjies.

8. Laat 3 minute afkoel in die pan voordat dit bedien word.
Bedien met suurroom of knoffel sousie.
Sien resepte vir knoffel sousie.

BRON:  Annelien Pienaar, 2012.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking