Woensdag, 13 Mei 2015

AARTAPPEL EN PARMESAAN VINGER HAPPIES



RESEP
3 el botter
3 el olyfolie of druiwepit olie is ook heerlik
2 el vars parmesaan kaas - gerasper
2 tl dill tippies - verkieslik gedroog - geur net meer intens
growwe sout
grof gemaalde swart peper
8 aartappels

METODE
1. Ek verkies om ronde aartappels eerder te gebruik as die langes.
Omdat jy toringkies wil maak gaan die ronde aartappels makliker die vorm aan neem.

2. Was en skrop die aartappels deeglik.
Sny die aartappels presies in die helfte oor die breedtste gedeelte van die magie.

3. Met behulp van ‘n mandaryn of skerp mes, sny die aartappel in dun skyfies van nie dikker as 3 mm.
Ek hou elke pakkie op mekaar.
Voordat ek die pakkies stapel en vorm spoel ek elkeen in sterk sout water af om die ergste stysel te verwyder.
Dit sal ook help dat die aartappel heerlik bros bak en nie taai bly nie, die stysel het suikers in wat karameliseer en dan bak die aartappel nie mooi nie.
Hou die pakkies mooi elke hopie bymekaar.

4. Sprinkel met dill, sout, peper en parmesaan kaas.
Strooi dan die gesmelte botter en olyfolie mengsel oor.


5. Pak elke pakkie op ‘n vooraf gesmeerde bakplaat en sprinkel weer met sout en peper na smaak.

6. Bak by 180 ˚ C vir 35 - 45 minute tot goudbruin.
Laat 5 minute afkoel voorbediening.

GEBRUIKE
1. Bedien as vingerhappies saam met ‘n heerlike kaasbord.

2. Bedien as stysel gereg saam met ander disse.

3. Bedien met souse!

BRON: Annelien Pienaar, 1998.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking