Woensdag, 29 April 2015

VLEISROLLE



 LES

 1. Oondbraai is die gekose gaarmaak metode.

2. Hoe word interne temp gemeet? Met 'n vleis termometer. Die termometer mag nie aan been raak as dit in die vleis gesteek word nie, been gelei hitte baie vinniger as die vleis self en dus sal jy nie 'n akkurate lesing kry nie.

3. Laat die vleisrol eers rus voor en ook na die bakproses.

SPINASIE GEVULDE VLEISROL
 1.5 kg Vleis rol of ontbeende rib
 10 ml Sout
 Vars gemaalde swart peper
 20 ml Koemeel


SPINASIE VULSEL
 4 Repe spek - op gekap
 ¼ Ui - fyn gekap
 1 Knoffel toontjie - fyn gedruk
 125 g Spinasie - afgespoel en fyn gekap
 100 ml Cous-cous - opsioneel
 10 ml Tiemie
 80 ml Vars broodkrummels
 30 ml Parmesaan of blou kaas

METODE
 1. Braai die spekvleis liggies en voeg die uie en knoffel by en soteer tot sag en deurskynend.

2. Voeg spinasie by en roerbraai vir 'n minuut.

3. Laat afkoel en voeg broodkrummels, kaas en geurmiddels by en meng goed.

4. Skep vulsel oor die binnekant van die oopgevlekte vleis. Moenie oor die randte gaan nie.

5. Rol versigtig op en bind vas met tou.

6. Meng sout, peper en meel en strooi oor die vleis.

7. Plaas vleis in skottel met deksel en bak vir 2½  - 3 ure by 140 ˚ C.

8. Haal deksel af en bak bruin.

Bedien saam met vleis sous.

BRON: Verweking deur Annelien Pienaar van Vleiskookboek van SA se resep vir VK3.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking