Sondag, 19 April 2015

SUIKERMIELIE EN JALAPENO GROWWE DOOPSOUS


LES
1. Het jy ‘n slowcooker wat net in die kas staan?
Nou is die tyd om dit afte stof en deel van jou elke dag toerusting te maak.

2. Hierdie dip neem 2½ uur om te maak, dus gooi alles in die pot, maak solank die ander goed klaar en voila.

3. Neem ‘n handdoek en sit dit oor die slowcooker om dit vinniger te laat werk en ook hitte te hou sodat die kos sappig en sag uitkom.
Gedink my vriendin maak ‘n grap, maar dit werk.

4  repies spek - fyn gekap
2 blikkies suikermielie pitte - gedreineer
2 Jalapeno’s - ontpit en opgekap - die in die botteltjies - soetrissie kan ook ingesit word
½ kop suurroom
1 kop verouderde cheddar kaas
½ kop parmesaan kaas
250 g roomkaas
2 el sprietuie
sout en peper na smaak - vars gemaal

METODE
1. Braai spek stukkies tot bruin oor medium hitte en dreineer vet.

2. Plaas mielies, jalapeno’s, suur room, cheddar en parmesaan kaas in slow cooker en meng goed. Laat vir 2 ure kook op Low heat.
Moenie die deksel oplig nie.

3. Voeg na 2 ure die roomkaas en spriet uie by en bedien dadelik.

Lewer 8 porsies.

OPGESTEL DEUR: Annelien Pienaar vir Meerhof skool.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking