Woensdag, 29 April 2015

PIKANTE PYNAPPEL VARKRIBBETJIE VINGERS


Varkribbetjie vingers
As jy soos ons op die plaas groot word was vark en hoenderslag niks snaaks gewees. Ek kan onthou hoe my ma die varkribbe sout ingevryf het en dan in die koelkamer laat hang het, daarna het hulle dit berook. Ek kon nooit die versoeking weerstaan om die deksel van die roker op te lig om die rook walms in te asem. Ons het leer souse vir alle tipes vleis te maak en hierdie sousie het in my kop bly vassteek en met vark en hoender is dit ongelooflik heerlik. Geniet!

Resep
1 kg Vark kortrib wat teen die been se grein kleiner gesny word, hou heel om later in vingers te sny
300 ml Pynappel sap - stukkies eenkant vir later
150 ml Droë witwyn
20 ml Soja sous of woestersous
20 ml Heuning
20 ml Sagte bruinsuiker
1 Knoffelhuisie - fyn gedruk
15 ml Vars gemmerwortel - gerasper
30 ml Mielieblom - moenie by stap 1 gevoeg word nie, hou eenkant

METODE
1. Meng al die marinade bestanddele behalwe die mielieblom saam.

2. Marineer ribbetjie oornag.

3. Volgende dag verwyder ribbetjie uit marinade (hou marinade).
Bak vir 1½ uur by 120 ° C tot sag.

4. Maak ribbetjie oop en rooster onder element vir 15 minute of tot goudbruin.
Bestryk heeltyd met marinade,

5. Verdik oorblywende marinade met die mielieblom en 100 ml water.

6. Sny rib in vingers en bedien met die verdikte sous.

Variasie met hoender boudjies

VARIASIE
1. Hoeder stukkies soos boudjies en buffalo vlerkies kan ook met die resep gebruik word.

Porsies: 4 - 6.

BRON: Annelien Pienaar, Bos en Berg gasteplaas, 2009.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking