Dinsdag, 21 April 2015

UIE ATJAR - NACEEMA SE RESEP

Ek vervang gereeld die gewone wit uie met rooi uie en die wit druiwe asyn met bruinasyn om 'n rooier uie atjar te kry, speel!

RESEP
3,5 kg uie - in ringe gesny
1,125 liter witdruiweasyn
50 ml gouestroop
1 kg suiker
50 ml mosterd saad
15 ml garam masala
7 ml sout
100 ml mielieblom (maizena)

METODE
1. Plaas die uie in 'n kastrol en bedek met warm water.

2. Blansjeer vir 5 - 10 minute.
Dit moenie pap kook nie, dreineer goed.

3. Meng res van bestanddele, behalwe maizena in 'n kastrol en verhit.

4. Roer tot al die suiker opgelos is.

5. Maak die maizena aan met net genoeg koue water om 'n gladde pasta te maak.

6. Verwyder die kerrie mengsel van die hitte en roer die maizena by.
Plaas terug op die stoof en kook tot verdik en gaar.

7. Gooi die uie by die kerrie mengsel en kook goed deur.
Skep in gesteriliseerde bottels terwyl warm.

Lewer ongeveer 4.5 liter Atchaar.

BRON: Naceema Patel, Skeerpoort.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking