Saterdag, 18 April 2015

WENKE VIR DIE DROOG VAN KRUIE

Hier is 'n lessie oor die droog van kruie.
Elke foto wat ek post het ook 'n verduideliking by.
Ek kon ongelukkig nie afrikaanse prente kry nie maar deesdae soek jy jou dood in die winkel na kruie as jy nie die engelse naam ken nie.
Ek het in die begin van die groep in Januarie vir julle 'n les gepost oor die engelse, afrikaanse en indiese name, ek gaan dit soek en weer post.
Geniet en print die kruie kaarte vir julle uit.

KRUIE
Omdat die geur van kruie delikaat is en maklik deur son en hitte vernietig word, word kruie verkieslik op ‘n natuurlike manier in koelte in ‘n goed geventileerde vertrek gedroog.
Baie soos jy biltong op die boere manier sou droog.
Onthou die geur van die spesifieke plant word deur die vlugtige olies teenwoordig in die blaar veroorsaak, dus as dit gekneus word, word dit vrygestel en oksideer dan en verslaan.

DROOG VAN JONG KRUIEBLARE 
Pluk takkie en al af en spoel deeglik onder water.
Plaas in gaasdoek en dan op koerantpapier.
Moenie droog druk nie, dit sal die blaar kneus en die olie vrystel.
Laat dit vir 2 weke om te droog.
Stroop die blare van die takkie af en bêre in lugdigte houers weg van direkte hitte en sonlig.

DROOG VAN EETBARE KRUIE BLOMME
Maak bondeltjies van 10 stingels aan mekaar vas en hang onderste bo op.
Ek het nie baie plek om op te hang nie en gebruik my opvoubare wasgoed rakkie vir die werkie.
Na ‘n week stroop die blomme af en droog soos vir jong kruie blare tot droog vir 2 weke.
Stoor soos jong kruie blare.

DROOG VAN KRUIE WORTELS
Sny die wortels in dun skyfies of stukke.
Plaas op afkoel rakkie vir goeie ventilasie op gaasdoek om nie deur te val nie.
My ma het dit met garing geryg en dan so in stringetjies opgehang.
Volg die droog stappe soos vir jong kruie blare.

Jy kan die kruie teen 60 ˚ C vir 6 - 12 ure droog, afhangende van die krui se vog inhoud maar onthou van die vlugtige olies mag oksideer...

Hier is ons Faceboek bladsy ... Boerekos met 'n Twist ... like hom as jy wil.

BRON: Annelien Pienaar.



Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking